Drie verdagtes in hegtenis geneem vir kabeldiefstal
BRACKENDOWNS – Tydens ‘n roetine-patrollie van die woonbuurt het ‘n Fox-sekuriteitsbeampte drie verdagtes binne-in ‘n mangat opgemerk. Versjye ander sekuriteits – maatskappye is op die radio geroep om steun te bied.
Die drie verdagtes het in die mangat probeer wegkruip, maar beamptes het daarin geslaag om hulle uit te kry. Die verdagtes is betrap terwyl hulle kabels binne-in die mangat probeer steel het.
Alle kabels en toerusting wat hulle gebruik het om die kabels te sny en te trek, is ook teruggevind. Die verdagtes is by Brackendowns SAPD aangehou vir verdere ondersoek. Baie dankie aan Fox Security en die ander sekuriteits – maatskappye wat hulp gebied het.