Ongelukke in ons gemeenskap: motor beland op Tant Malie se voorstoep
MADIBENG – Saterdag was die H.E.M.S span ontbied na Lethlabile waar twee voertuie in ‘n botsing betrokke was. Drie pasiënte was op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer.
Vier mense is Saterdag beseer toe twee voertuie gebots het op die brug by Majakaneng – waarna een voertuig aan die brand geslaan het. Station 21 Fire and Rescue was na die toneel ontbied om die motor te blus. Die vier beseerdes was op die toneel behandel en na ‘n \hospitaal in Brits vervoer.
Sondag was daar ‘n enkel voertuig ongeluk naby Coves. Met aankoms van nooddienste was drie beseerdes gevind en behandel. Daar was ‘n seuntjie wat gehuil het oor sy hondtjie wat dood is in die voertuig. Maar met die hulp van Station 21 Fire and Rescue en ander nooddienste, het hulle die voertuig weer op sy wiele laat staan en kon toe die hondtjie uit die voertuig haal. Die hondtjie het nog gelewe. Die hondtjie is toe saam die seuntjie in die ambulans hospital toe.
Daar was Maandag ‘n enkel voertuig ongeluk by die ou Tant Malie se Winkel in Harties. Een patient het minder ernstige beserings opgedoen nadat die motor van die pad afgery het en onder op die stoep van die winkel beland het. Die persoon is behandel en na ‘n hospital in Brits vervoer.
Later die dag was twee trokke in ‘n botsing betrokke. Daar was gelukkig geen ernstige beserings nie. Een pasiënt was op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer.
Baie dankie vir Hartbeespoort Emergency Medical Service en Station 21 vir julle toewyding in ons gemeenskap se veiligheid!