Bekende Namibiese sakeman deur leeu doodgebyt
NAMIBIA – Bernd Kebbel (59), die voormalige eienaar van Off-road Centre, wat ook bekend is in woestynleeunavorsingskringe, het saam met sy vrou, Conny, en ‘n groep familie en vriende in die Hoanibrivier, in die omgewing van Sesfontein, gekamp.
Kebbel het glo vroeg die oggend van 30 Mei 2025 van sy daktent afgeklim en is toe deur ‘n leeuwyfie aangeval, afgetrek en aan sy kop en nek gebyt. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Die woordvoerder van die ministerie, Ndeshipanda Hamunyela, het gesê alhoewel Kebbel se vriende die leeuwyfie kon wegjaag, was dit ongelukkig te laat en hy was reeds dood. Sy het bevestig beamptes van die ministerie was na die toneel. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, is ‘n saak van mens-dier-konflik in die Kunenestreek aanhangig gemaak.

