BREAKING NEWS: Joshlin Smith: Trio gevonnis tot lewenslank agter tralies
SALDANHABAAI – Die drie wat aangekla word van die verdwyning van klein Joshlin Smith van Saldanhabaai is lewenslange tronkstraf opgelê.
Met die uitspraak in die Saldanhabaai-burgersentrum, het regter Nathan Erasmus in die hooggeregshof in Kaapstad gelas dat die beskuldigdes – Joshlin se ma Kelly, haar kêrel Jacquen ‘Boeta’ Appollis, en hul vriend Steveno van Rhyn elk 25 jaar vir mensehandel dien.
Hulle is ook elk tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die ontvoering van die kind. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
Regter Erasmus het ook beveel dat hul name in die Nasionale Kinderbeskermingsregister (NCPR) aangeteken moet word. Met die lewering van die vonnisoplegging kon hoorbaar gehoor word hoe die gemeenskap die vonnis verwelkom.