Polisie vra hulp om ‘John’ optespoor na moord op vrou (30)

GAUTENG – Die polisie het ‘n soektog begin vir ‘n swart-man wat die naam ‘John’ gebruik en ‘n wit VW Polo bestuur met ‘n gekloonde nommerplaat LT 52 JG GP wat aan ‘n Toyota Hilux behoort. Die man word gesoek in verband met die beweerde moord op ‘n 30-jarige vrou.

Olorato Mongale het op ‘n afspraak gegaan met haar vermeende moordenaar, wat haar by haar woonkompleks in die wit VW Polo opgelaai het. Die man het Mongale glo Sondag omstreeks 15:00 by haar woonkompleks in Athol, Johannesburg, gaan haal.

Die nasionale polisie sê die verdagte het saam met die slagoffer in die township Alexandra gery, na Kew gery en tussen Alexandra en Lombardy-Wes in Johannesburg, het hy na bewering Mongale vermoor en haar lyk aan die kant van die pad gelos.

Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê van die besittings van die slagoffer, wat ‘n foon en ‘n handsak insluit, is verlate op 9de pad in Kew, Johannesburg, gevind.

Haar lyk is Sondagmiddag in minder as twee uur omstreeks 16:50 in Lombardy-Wes gevind deur die SAPD met die hulp van gemeenskapslede. Die polisie in Gauteng ondersoek die moontlikheid dat “John” saam met ‘n ander manlike verdagte was toe hulle Olorato glo vermoor het.