BREAKING NEWS: Hoop vir Eben na beroertes seun ernstig gestremd laat
CENTURION – Eben Beukes, ’n seuntjie wie se lewe in Desember 2024 onherroeplik verander het toe hy COVID-19 opgedoen het. Wat begin het as ’n virus het vinnig ontwikkel in iets baie ernstiger: PIMS (Pediatric Inflammatory Multisystem Syndrome), gevolg deur ’n streptococcyl-infeksie wat massiewe inflammasie en breindruk veroorsaak het.
Hy moes ‘n spoedoperasie ondergaan en is daarna in ’n koma geplaas. 12 weke, later, het Eben ongelukkig baie skade opgedoen. Hy het ’n traggie en PEG vir asemhaling en voeding. Verskeie beroertes tydens sy koma, het ongelukkig breinskade veroorsaak. Tog, is Eben nog hier – en hy veg elke dag.
Maar Hendrik Beukes, as enkelpa na die dood van sy vrou ná ’n beroerte, en nou sy jong seun wie se lewe dag en nag verander het nadat hý ook verskeie beroertes gehad het – dra ’n ondenkbare las. Hy probeer nie net oorleef nie, maar floreer vir sy kinders – en dit verdien ons ondersteuning.
Eben benodig nou:
• 24-uur palliatiewe en verpleegsorg,
• Mediese toerusting en verbruiksartikels,
• Daaglikse benodigdhede soos doeke, medikasie en higiëneprodukte.
Staan asseblief saam met ons in liefde, hoop en deernis. Help asseblief om vrede en vertroosting te bring aan ‘n seuntjie wat al so baie verduur het – en aan ‘n gesin wat hul bes doen om aan hoop vas te hou. Laat ons hoop bring waar daar pyn is. Laat ons as gemeenskap sagtheid herstel waar daar onsekerheid is en net een van die gesin se laste verlig.
https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-us-give-eben-the-care-he-deserves
As jy persoonlik wil uitreik, is jy welkom om Hendrik te kontak by – 061 462 1420.

