BREAKING NEWS: Agt mense dood, veelvuldige beseer in tragiese Moedersdag botsing

RICHARDS BAY – ‘n Verwoestende botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n ligte afleweringsvoertuig wat passasiers vervoer het, het vanoggend (Sondag) verskeie lewens op die N2-hoofweg naby Empangeni geëis.

KwaZulu Private Ambulansdiens – personeel het dadelik op die toneel gereageer waar hulle gevind het dat agt insittendes reeds aan hul beserings beswyk het voordat nooddienste opgedaag het op di toneel.

Paramedici het onmiddellik mediese hulp aan sestien beseerde oorlewendes verleen. Vier insittendes het kritieke beserings opgedoen terwyl twaalf ander ernstig beseer is. Alle beseerde pasiënte het mediese behandeling ontvang en is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg.

Die oorsaak van die botsing word deur plaaslike owerhede ondersoek. Verdere opdaterings sal verskaf word sodra meer inligting beskikbaar word.