Man wat sy manlikheid (en ‘n been) verloor in rooftog onthul
GAUTENG – Die man wat na bewering een van die verdagtes is wat gesterf het toe ‘n groep gewapende verdagtes probeer het om ‘n geldwa in Phola Park Uitbreiding 5 te bombardeer het – is onthul.
Die oorledene het sy been, private dele en een oor verloor nadat ‘n bom wat vir die geldwa bedoel was, ontplof het in sy sak.
Nege van sy vriende is steeds op vlug vir die polisie nadat hulle hom met drie voertuie met leë hande op die toneel agter gelaat het. Polisie-ondersoeke duur nog voort.