BREAKING NEWS: Nooddienste jaag toe Sasol in Rutgers st. aan die brand slaan

BRITS – Woensdag net na sononder, het daar ‘n brand ontstaan in die Sasol petrol statsie oorkant Laerskool Brits – wat ‘chaos’ veroorsaak het vir kliënte en werkers. Daar was spoedig deur Hartbeespoort Emergency Medical Service gereageer op die toneel saam met Station 21 Fire and Rescue wat hulp gebied het om die brand te blus en groot skade te voorkom.

Baie dankie aan alle nood dienste en sekuriteitsmaatskappye wat op die toneel gereageer het! Die oorsaak van die brand word tans ondersoek. Meer inligting sal volg.