Ontvoerde baba gevind, verdagte (21) in hegtenis geneem

CHESTERVILLE – RUSA-reaksiebeamptes het ‘n 21-jarige vroulike verdagte opgespoor en gearresteer wat Sondagaand ‘n twee weke oue baba in Durban ontvoer het.

Die baba – Owami Lonathando Sindani is Maandagoggend om 09:15 in die omgewing van die Westville Pavilion Winkelsentrum deur Reaksiebeamptes veilig gevind.
Die RUSA-operasiesentrum het Sondag om 22:00 die oproep van Bongiwe Sidane ontvang wat die ontvoering van haar baba aangemeld het. Reaksiebeamptes het die vermiste kind gesirkuleer en vier-en-dertig (34) wenke en leidrade ontvang in die elf uur wat gelei het tot die arrestasie en trugvind van die baba.
Beamptes het wenke van die publiek opgevolg in Pietermaritzburg, Limpopo Provinsie, Kaapstad en Johannesburg. Berigte van vrou wat met babas huis toe terugkeer en verdag optree, is deur die nag ontvang.
Reaksiebeamptes het Maandag in die vroeë oggendure ‘n soekgebied na Chesterville in Kwazulu Natal vernou. Omdat hulle glo dat die vroulike verdagte in besit was van die ontvoerde baba en van plan was om uit die provinsie te vlug, het Reaksiebeamptes alle ingange/uitgange afgesper en waarneming gehou terwyl die RUSA Helikopter die gebied deursoek het vir ‘n vae ligging wat verskaf is.
’n Vrou is opgemerk waar sy verdag optree met ’n pasgebore baba. Toe die beamptes haar voorkeer, is vasgestel dat die kind in haar besit klein Sindani was. Die vrou is in hegtenis geneem en was uit die gebied verwyder nadat ‘n skare gedreig het om haar dood te maak. Sy is by FCS SAPS Cato Manor aangehou en is positief deur die ma geïdentifiseer as die vrou wat haar baba ontvoer het.
Toe beamptes die vrou ondervra het, het sy bevestig dat sy die kind ontvoer het nadat sy ‘n miskraam op 24 April 2025 gehad het. Sy het toe vir Bongiwe Sindane by ‘n plaaslike kliniek ontmoet en ‘n plan beraam om haar baba te ontvoer sodat haar kêrel haar nie sou los nie.
Ná die ontvoering het sy haar kêrel in Chesterville besoek en hom oortuig dat dit sy kind is. Sy het verder die beamptes meegedeel dat die kind water in ‘n bottel gevoer is en dat sy nie formulemelk gekoop het nie. Baie dankie aan alle lede wat gesorg het vir die veilige trugvind van Owami!