44 Onwettige immigrante in ‘n huis in Sandton gevind
PARKTOWN – Die vier-en-veertig onwettige immigrante wat in een van die huise in Parkmore, Sandton toegesluit gevind is, is na die plaaslike polisiestasie geneem om deur die departement van binnelandse sake verwerk te word. Ondersoek is aan die gang om vas te stel hoe hulle na die land gekom het en uiteindelik in die huis toegesluit is.
Na verneem word, het private sekuriteitsbeamptes wat roetinepatrollies in die gebied gedoen het, ’n klag ontvang oor mense wat skree en geraas het by een van die huise in Parkmore. Die klagte is toe na die plaaslike polisiestasie geëskaleer en die polisie het na die toneel voortgegaan. Op die toneel het die polisie vier-en-veertig mans ontdek wat in die agterkamers van die hoofhuis toegesluit was.
Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat alle mans, tussen 15 en 22 jaar oud, Ethiopiese burgers was wat onwettig in die land was. Daar word beweer dat hulle teen hul wil in die huis aangehou is.
Die moontlikheid dat hierdie individue in die land verhandel is, kan nie uitgesluit word nie, dit vorm deel van die ondersoek.