Gesteelde vragmotor teruggevind op R511
HARTBEESPOORT – Protego Security reaksie-eenhede het inligting ontvang oor ‘n vragmotor wat gesteel was in Johannesburg. Die vragmotor is deur Protego spoedig voorgekeer op die R511. Een verdagte was gearresteer en die saak is aan die SAPD oorgehandig. Baie dankie aan alle lede wat vinnig op julle voete was om die verdagte vas te trek!