‘Bietjie’ sout en peper toe is verdagtes gou uit die dak

VERWOERDPARK – CPS Sekuriteitsbeheerkamer het ‘n oproep van ‘n inwoner ontvang wat sê hulle het opgemerk dat drie mans by ‘n inwoner se eiendom ingebreek het. Reaksie- en taktiese eenhede het vinnig op die adres gereageer. Met hul aankoms het hulle die gedwonge toegang tot die eiendom opgemerk.

Die eiendom is deursoek en daar is vasgestel dat die verdagtes in die dak weggekruip het. Die verdagtes is ná ‘n goeie “oortuiging” van die dak verwyder. Alberton SAPD is gekontak en al drie verdagtes is gearresteer.

Die verdagtes het beamptes na ‘n ander area geneem waar hulle nog gesteelde items wat van die eiendom geneem is, aan hulle gewys het. Baie dankie aan alle spanne wat betrokke was by die arrestasie!