Operasie ‘Patela’ gaan voort in Tomstraat
BRITS – Die waarnemende uitvoerende burgemeester van Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, rl. Khumo Morare het ‘n beroep op verbruikers wat munisipale dienste soos water en elektrisiteit ontvang om hulle te weerhou van enige vorm van onwettige verbindings en peuter met meters. Die waarnemende burgemeester het Dinsdag die Operasie Patela in Tomstraat, Brits, gelei.
“Ons doen ’n beroep op elke verbruiker om verantwoordelik genoeg te wees en te weerhou van enige dade van onwettige verbindings met die munisipale infrastruktuur, maar te betaal vir wat hulle verbruik het. Dit sal ons help om ‘n beter Madibeng te bou. Ons sal ook ons deel as die Munisipaliteit doen om die nodige instandhouding aan die genoemde infrastruktuur uit te voer.” – het hy gesê.