Beesdief (64) gevonnis tot 10 jaar tronkstraf

POTCHEFSTROOM – Thinus Becker Theunissen (64) is op 9 aanklagte van diefstal tot 10 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis toe hy op Dinsdag, 22 April 2025 voor die Klerksdorp Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verskyn het.

Verslae dui daarop dat die beskuldigde, wat ‘n bekende werknemer by ‘n slaghuis was, tussen November 2018 en September 2019 na bewering die beeste van verskeie boere in Klerksdorp, Potchefstroom, Hartebeesfontein en Ventersdorp gebiede na die veilingshuis geneem het om dit namens die boere te verkoop en die geld vir homself gehou het.

Die boere het na bewering die slaghuis genader toe hulle besef het dat hulle geen betalings vir hul beesaankope ontvang nie en dit is toe dat hulle opgemerk het dat die beskuldigde die slaghuis wanvoorgestel het. Die boere het ‘n totale verlies van R3 miljoen gely.

Die saak is by die Klerksdorp-gebaseerde Valke se ondersoek na ernstige kommersiële misdaad aangemeld wat aan die lig gebring het dat die beskuldigdes die transaksies onwettig en opsetlik gesteel het en daarby baat gevind het.

Na ‘n reeks hofverskynings het die beskuldigde skuldig gepleit op 9 aanklagte van diefstal en op 22 April 2025 is hy gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf op 7 aanklagte en nog 10 jaar op 2 aanklagte. Die vonnisse sal samelopend uitdien, dus sal die beskuldigde 10 jaar direkte gevangenisstraf uitdien.