Lantie fietsryers presteer die afgelope naweek

BRITS – Baie geluk aan Abigail van Schalkwyk wat die afgelope naweek aan die Gauteng XCO & XCC by Thaba Trails deelgeneem het.

Sy het:
• 2de plek behaal in die XCC Cup
• 3de plek behaal in die XCO Cup

Hoërskool Wagpos wens ook Matthew Strydom baie geluk met sy uitstekende resultate die afgelope naweek by die FedGroup 100 resies wat die naweek te Cradle Moon plaasgevind het. Hy het 2de plek behaal in sy ouderdoms groep 13-14jr.