Vinnige reaksie lei tot arrestasie van twee, trugvind van gesteelde goedere

ALBERTON – CPS Security-beheerkamer het vroeg Donderdagoggend ‘n panieksein vanaf ‘n besigheidsperseel in Alberton-Noord ontvang. Reaksiebeamptes het tot aksie gespring en op die toneel opgedaag om ‘n voertuig te vind wat van die perseel vlug. Reaksiebeamptes het die verdagte voertuig agternagesit.

Die voertuig het hulle na ‘n informele nedersetting gelei waar die insittendes uitgespring en te voet gevlug het. Beamptes het die verdagtes vinnig aangekeer en ontdek:

– Vals nommerplate op die voertuig.
– Lewendige ammunisie vir gewere.
– Huisbraak implemente.
– Gesteelde goedere.

Twee verdagtes is gearresteer en aan Alberton SAPD oorhandig. Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat hierdie voertuig verbind is met twee ander voorvalle wat diefstal en sake-inbrake in die New Redruth- en Dinwiddie-gebied. Werk welgedaan aan alle betrokke beamptes!