Reaksie-spanne knip ‘flamink’ se vlerke kort
BRACKENHURST – CPS Security se taktiese span is ingelig van ‘n gekaapte vragmotor wat op Swartkoppiesweg in die Brackenhurst-omgewing gery het. Die uitkyk is gesirkuleer en die gekaapte vragmotor is op die R550 opgemerk.
CPS se span het saam met TrackerSA die verdagte agtervolg waarna die verdagte deur een van die taktiese lede aangekeer is nadat hy in ‘n veldgebied vasgery het met die vragmotor.
Die vragmotor en sy vrag is teruggevind en een verdagte is in hegtenis geneem op die toneel. Baie dankie aan die lede van CPS Security, EMPD en JMPD vir die hulp wat gebied is!