Munisipaliteit besig met herstel van krag na kabelfout gevind is

BRITS – Waarnemende Burgemeester van Madibeng Cllr. Khumo Morare het die terrein van ‘n kragkabelfout in Kerkstraat, Brits, besoek. Sommige dele van Brits SSK is sedert Maandag sonder kragtoevoer weens ‘n kabelfout.

“Ons pogings om elektrisiteit in die geaffekteerde dele van die SSK te herstel gaan voort aangesien die instandhoudingspanne op die perseel is, besig met herstelwerke.” het die waarnemende burgemeester gesê.