Groep van 50 slaan man dood nadat hy ouma met mes steek
*Waarskuwing: Foto’s is nie vir sensitiewe lesers nie*
MOUNTVIEW – ‘n 24-jarige man wat sy ouma in die nek gesteek het, is Maandag oggend deur die gemeenskap in Mountview vermoor.
Reaksiebeamptes het Sondag omstreeks 16:21 na ‘n eiendom in Jackarandalaan uitgeroep. By aankoms is beamptes ingelig dat ‘n man sy 61-jarige ouma tydens ‘n argument in die nek gesteek het. Daar word beweer dat hy finansiering eis om dwelms te koop. Die vrou is vir haar beserings in die hospitaal opgeneem.
Die gemeenskap het die man Maandag oggend aangekeer em sy hande en bene met tou vasgebind. Hulle het hom met stokke en swepe doodgeslaan.
Die RUSA Operasionele Sentrum het omstreeks 06:14 ‘n oproep van ‘n lid van die publiek ontvang. Die inbeller het die Beheerder aan diens ingelig dat ‘n skare bestaande uit ongeveer 50 mense die man aanrand.
Met die aankoms van Reaksiebeamptes op die toneel is die man reeds dood gevind. Die oorledene het na bewering ‘n geskiedenis van geweld teenoor sy ouma gehad.