Drie ingenieurs ernstig beseer by O.R Tambo
GAUTENG – Africa Charter Airline was na bewering betrokke by ‘n ongeluk met 3 vliegtuig – onderhoudswerkers wat ernstig beseer is toe die Boeing 737-400 van sy voorste domkrag afgeval het terwyl hulle onder roetine-onderhoud by die Johannesburgse Tambo-lughawe was. Die drie beseerde ingenieurs is op die toneel gestabiliseer en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.


