BREAKING NEWS: Nuwe ‘plaag’ wat ons gemeenskap tref?
BRITS – Duisend Langhoringsprinkane (Meadow Katydids) is in verskeie provinsies in die noordelike dele van Suid-Afrika opgemerk en tans in ons gemeenskap ook. Terwyl sommige mense dit tekens van die Bybelse eindtyd noem is daar ‘n ander verduideliking vir die gebeurtenis.
Alhoewel geen amptelike kommentaar deur die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling gemaak is nie, dui navorsing daarop dat die insekte ten volle voordeel trek uit onlangse reën, welige plantegroei en ander faktore wat almal met ‘n potensiële bevolkingsoplewing verband hou.
Inwoners word aangemoedig om nie self plaagdoders te spuit aangesien dit ander diere in die proses kan benadeel. Landbou se hoof van kommunikasiedienste Mothotse Mosupulogo het in verslae gesê die beheer van hierdie sprinkane sal van plaasgebiede en openbare gebiede verskil.
Die ‘plaag’ sal makliker wees om in plaasgebiede te beheer, maar dit is moeilik in openbare ruimtes aangesien dit sorg en beheer vereis. Daar is plaagdoders, spesifiek piretroïede wat vir die beheer daarvan geregistreer is, maar dit moet deur ‘n geregistreerde plaagbeheer – operateur uitgevoer word.