Hy maak al grappies – nadat krokodil jong seun se arm afbyt
HARTBEESPOORT – ‘n BackaBuddy-fondsinsameling is vir sewejarige Johandré Blom geloods nadat hy sy linkerarm verloor het toe ’n krokodil hom by Roodekopjesdam aangeval het twee weke gelede.
Jacaranda FM se Good Morning Angels het intussen meer as R300,000 ingesamel en die BackaBuddy-fondsinsameling staan amper op R400,000. Die Blom gesin het verlede week gesê, volgens hospitaalberaming, sal Johandré se mediese kostes meer as R1 miljoen beloop.
Vrydag, 4 April – “Hi almal.
Dude was in teater gister middag van 15h00 tot 16h30. Als het goed afgeloop. Hy het seer gehad na die operasie maar die dokters het hom mooi pyn blok gegee wat mooi help.
Hy herstel ongelooflik vinnig volgens die dokters. Die wonde op sy ribbekas is amper toe. Die een wat nog klein bietjie oop is sal hulle Maandag ‘n vel oorplanting op doen.
Die skouer lyk baie goed en as die infeksie so laag bly oor die naweek sal hy Maandag ook toe gemaak word met ‘n vel oorplanting. Hy was die week ook bietjie buite en lekker vars lug gekry en rond gery in die rolstoel.
Hy stuur groete aan almal wat so mooi agter hom staan en ons sal volgende week n mooi video van hom bekend maak aan almal.
Dankie vir almal se aanhoudende ondersteuning en liefde.
Groete
Die Blom gesin.”
https://www.backabuddy.co.za/campaign/johandre-needs-help-after-crocodile-attack