Ontvoerders gearresteer na een probeer ‘dak-spring’ na vryheid
SOUTH CREST – CPS Security reaksie-eenhede het gereageer op ‘n oproep oor ‘n verdagte wat by ‘n inwoner se eiendom ingespring het. Met hul aankoms het hulle met lede van die JHB-vlieggroep ontmoet wat bevestig het 3 verdagtes is reeds gearresteer en 1 verdagte is nog op vrye voete.
Die reaskie span het op die persee begin soek, waar hulle die verdagte opgemerk het wat op ‘n inwoner se dak wegkruip. Die verdagte het dadelik gesien hy is opgemerk en het begin vlug. Die verdagte is uiteindelik ‘n paar eiendomme verder deur reaksiebeamptes aangekeer. Daar is later vasgestel dat die verdagte wat aangekeer is in die diens van ‘n sekuriteitsmaatskappy was. Die slagoffer is op die toneel gevind.Puik spanwerk van almal betrokke!