Gemeenskap bid vir man (21) na motorfietsongeluk
BRITS – ‘n Oud leerder van Hoërskool Wagpos, Ruben Klein (21), was op Vrydag, 21 Maart 2025, in ‘n verskriklike motorfietsongeluk. ‘n Bakkie het voor hom ingejaag en Ruben se lewe is handomkeer verander. Die ongeluk het hom verlam gelaat.
Ruben het lewensbedreigende beserings op sy hele liggaam opgedoen. Sy femur is mors-af, albei gewrigte asook sy duime en ‘n paar ribbes is gebreek. Hy het krake in sy skedel asook bloeding op die brein. Daar lê ‘n baie lang fisiese asook emosionele herstelpad vir hom voor, met ‘n rits operasies en ‘n hele nuwe realiteit en leefstyl.
Ruben gaan ń gepaste rolstoel, wat in sy unieke behoeftes moet voldoen benodig en hul huis moet rolstoelvriendelik gemaak word wat ‘n astronomiese bedrag gaan kos. Hierdie ongeluk beteken ook dat hy sy werk op die myn gaan verloor, wat nog ‘n verdere finansiele spanning op die familie veroorsaak. Daar word gepleit om ‘n bydra te maak, om die finansiele las ‘n bietjie ligter vir sy ma, as enkel-ouer en sy ouma te maak.
Bankbesonderhede vir direkte donasies:
Mrs JE Klein
Capitec Bank
2186608932
https://www.backabuddy.co.za/campaign/fight-vir-ruben