Wagpos: Tiané presteer puik tydens off-road motorfiets kompetisie

BRITS – Tiané het die afgelope naweek in Babsfontein aan die tweede rondte van Gauteng off-road motorfiets kompetisie deelgeneem (GXCC), en het puik presteer.

Tiané het deelgeneem aan 2 verskillende afdelings waar sy ‘n 2de plek in die Snr 85cc klas & 2de plek in die Dames 125cc klas behaal het. Sy het in totaal 250km gery vir die dag! Baie geluk!