Wat ‘n fees was dit nou nie by Brits Rusoord

BRITS – Die gr. 11-Gasvryheidsleerders van Hoërskool Brits het op Donderdag, 13 Maart 2025, die inwoners van Brits Rusoord ordentlik bederf. Die gr.11-leerders maak jaarliks so, as deel van hul PAT.

Dit was ‘n heerlike oggend wat ervaar was by die oord. Die tafels was keurig gedek en die leerders betrokke by die ‘fees’ was vriendelik en behulpsaam met al die inwoners. Baie dankie vir die heerlike eetgoed wat deur die Gasvryheidsleerders voorberei en voorgesit was.