BREAKING NEWS: Nog ‘n ‘tornado’ gewaar naby Rustenburg

RUSTENBURG – Met die reënbuie wat ons area die afgelope dae ervaar het, is op video vasgevang van tregter wolke wat vorm in die Boons area, buite Rustenburg. Die wolke het in die rigting van Magaliesburg beweeg.

Talle inwoners het die wolke gewaar en beeld materiaal op sosiale media versprei. Dis kommerwekkend om te dink wat die storms vir ons gemeenskap inhou vir die toekoms.

Die belangrikste verskille tussen ‘n tregterwolk en ‘n tornado is:

• Grondkontak: ‘n Tregterwolk raak nie die grond nie, terwyl ‘n tornado wel.

• Rotasie: Beide tregterwolke en tornado’s roteer, maar ‘n tornado se rotasie is tipies meer uitgesproke en strek vanaf die wolkbasis na die grond.

• Skade: Tregterwolke veroorsaak nie skade nie, terwyl tornado’s aansienlike skade kan veroorsaak weens hul hoë windsnelhede.