Vier gearresteer na gewapende roof by vulstasie

BRITS – Vier verdagtes het ‘n lid van die publiek by ‘n vulstasie in Brits beroof. Secra Security Gewapende reaksie was besig met roetine-patrollies in die gebied toe ‘n man na beamptes gehaas het om hulp te ontbied.

Reaksie lede het die verdagtes agternagesit en daarin geslaag om 3 van die 4 in hegtenis te neem. Die vierde verdagte het weggehardloop. Beamptes het met ‘n soektog begin en daarin geslaag om die vierde verdagte ook in die nabygeleë omgewing in hegtenis te neem.

Al 4 verdagtes is aan Brits SAPD oorhandig vir verdere verwerking. Welgedaan aan Secra Sekuriteitsbeamptes vir julle toewyding en om ons gemeenskap veilig te hou!