Hoërskool Wagpos: Lanties presteer in fietsry
BRITS – Abigail van Schalkwyk het die afgelope naweek aan die XCC & XCO Nasionale kampioenskappe by die Spice route in Paarl deelgeneem wat deel vorm van die UCI Wêreld Reeks. Abigail behaal ’n 6de plek by die XCC en 9de plek in die XCO in Suid Afrika.
Welgedaan Abigail vir die puik prestasie!
Asook Danie du Plooy wat die afgelope naweek by die Trailseeker Bergfiets resies wat by die Cradle Moon Lodge in Gauteng gehou was ’n algehele 2 plek behaal het vir Noord-Wes Cycling in die 70km Elite Mans kategorie.
Welgedaan Abigail en Danie vir julle puik prestasies!