Na nege dae kan mens weer uit die ‘Poort’
LEEUPOORT – Leeupoort was diep geraak deur verwoestende vloede wat laasweek ervaar was. Albei toegangsbrûe is weggespoel, wat geen manier gelaat het vir voertuie om in of uit te gaan nie. Terwyl die paaie vanaf Bela-Bela begaanbaar bly, is dit deurspek met gevaarlike slaggate – reis asseblief met uiterste versigtigheid!
Eskom het ook die terrein besoek en het halfpad met die herstelwerk gevorder. Daar is ook baie goeie vordering behaal met die brug. Baie dankie aan die gemeenskap wat donasies geskenk het vir die gemeenskap van Leeupoort. Spar Thabazimbi het ook groot skenings gedoen wat met n bootjie kano oorgevat is na die inwoners.
• Die brug is oop op volgende tye vir in- en uitgang:
– 10h30 tot 11h00
– 12h30 tot 13h00
– 15h30 tot 16h00