Vragmotor- en voertuigbotsing op R511 Silkaatsnek, een beseer

BRITS – ‘n Botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n voertuig het Sondag op die R511 Silkaatsnekpad plaasgevind en een persoon met matige beserings gelaat. Die H.E.M.S span het vinnig op die ongeluk gereageer. Die beseerde pasiënt is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere sorg.