Verdagtes op heterdaad betrap gedurende besigheid inbraak

ALBERTON – ’n Waaksame klant het CPS Security gekontak nadat drie verdagtes op haar kringtelevisiekameras by ’n nabygeleë besigheid inbreek. Taktiese spanne het in aksie gespring en vinnig op die toneel gereageer.

Toe beamptes die perseel betree het, het die reaksie span die verdagtes op heterdaad betrap terwyl hulle gesteelde elektroniese toerusting, rekenaars en ander waardevolle items in ‘n voertuig gelaai het. Al drie verdagtes is op die toneel gearresteer.

Verdere ondersoek het gelei tot twee bykomende arrestasies op afsonderlike plekke, waar nog gesteelde goedere teruggevind is. Alle verdagtes is by Alberton-polisiestasie aangehou en ‘n saak is geopen vir sake-inbraak, die besit van huisbraak-implemente en die besit van gevaarlike wapens.

Ons wil graag ons dank en lof aan CPS Security asook Alberton SAPD se misdaadvoorkomingseenheid oordra vir hul besonderse bystand en toewyding. Hul onvermoeide pogings en vinnige reaksie het tot bykomende arrestasies en verdere suksesse in die saak gelei.

Puik spanwerk en vinnige denke deur die kliënt, CPS taktiese span, en die Alberton SAPD!