Verdagtes gearresteer wat 237 kole van boer steel

BRITS – Secra Security het Sondag middag om 17h30 een van hul kliënte op ‘n plaas buite Brits wat hulp ontbied het, spoedig bystand gebied nadat verdagtes gewaar was wat kool van sy lande gesteel het.

Twee verdagtes is vasgetrek en gearresteer. Ongelukkig het een verdagte weggehardloop. Uit die bakkie was 237 kole getel wat gesteel was van die boer. Die verdagtes is aan Brits SAPS oorhandig vir verwerking en die voertuig wat hulle gebruik het was geskut.

Baie dankie aan die Brits CPF vir die bystand asook Secra Security vir jul spoedige reaksie! Welgedaan ouens hou aan met die goeie werk wat julle vir ons gemeenskap doen!