Twee polisie bedriers gereestreer

ALBERTON – ‘n Lid van die publiek het CPS Security taktiese eenheid genader terwyl hulle op patrollie was, en berig dat ‘n individue wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, hul selfoon gesteel het. Die slagoffer het ‘n beskrywing van die wegkomvoertuig verskaf, wat die reaksie span vinnig versprei het.

Die voertuig is suksesvol opgespoor en met die hulp van SAPD en EMPD die voertuig gestop en deursoek. Die voertuig het bedrieglike nommerplate en vals SAPD-identifikasie gehad. Beide verdagtes is in hegtenis geneem en by Alberton SAPD aangehou.

Daar is later vasgestel dat dieselfde twee verdagtes ‘n tweede persoon in Alberton Noord van R7,000 kontant en sy selfoon ook beroof het. Twee afsonderlike sake is teen die twee verdagtes geopen.