BREAKING NEWS: Tornado tref Pretoria, rig groot skade aan

PRETORIA – ‘n Klein tornado wat deur Doornpoort / Montana, in die Noorde van Pretoria, getrek het vanmiddag om 16h30 het ongeveer 15 woonstelle beskadig, wat daartoe gelei het dat talle gesinne dakloos is en sonder heenkome staan. Verskeie besighede is ook in die area beskadig.

Die SBBV was ontbied na die area vir verdere bystand. Tussen al die omgewaaide bome wat hul ook uit die pad moes kry in die omgewing is ander na Veda straat se toneel. Johan Botha, stigter van die SBBV het rampbestuur gekontak om die gesinne tydelike huisvestings te gee.

Ons harte gaan uit na al die mense wat ontwrig is deur hierdie tragiese ramp.