Wat ‘n varkhok word ons dorp gelos

BRITS – Saterdag, 15 Februarie 2025, is hoe die strate gelyk het in Ludorf en Murray avenue nadat daar talle busse en taxis die oggend bymekaar gekom het voor die ANC kantore om ANC lede na ‘n byeenkoms in Rustenburg toe te neem.

Rommel was oor die strate gestrooi nadat mense hul kos kla geëet het en die plek soos ‘n varkhok gelos het voordat almal vertrek het na die byeenkoms. Dit is uiterste swak gedrag wat gesien kon word deur lede wat geen trots vir ons dorp asook dienslewering het nie.