Vrou word gevonnis nadat sy poep-video’s na kêrel se ex stuur

WALLIS – In ‘n bisarre saak is ‘n vrou gevonnis nadat sy verskeie video’s van haarself gestuur het waar sy poep, aan haar kêrel se eks-maat. Die saak, wat die eerste van sy soort in ‘cyber farting’ genoem is, het baie geskok en geamuseerd gelaat.

Volgens BBC News het Rhiannon Evans, ‘n 25-jarige winkelwerker van Caernarfon, Wallis, skuldig gepleit op teistering nadat sy Deborah Prytherch met ongevraagde “poep-selfies” bestook het. Aanklaers het uiteengesit hoe Evans die videos opgeneem het waar sy die kamera op haar bodem plaas en dan die video’s via WhatsApp te stuur.

Sy het op 22 Desember nog drie poep-selfies gestuur, met nog minstens vier wat in die daaropvolgende dae gestuur is – elkeen met Evans wat vir die kamera glimlag terwyl sy trots gas loslaat. Ten spyte van die polisie se ingryping, het sy haar “poep-veldtog” voortgesit. Alhoewel die saak komies mag klink, het landdroste dit ernstig opgeneem.

“Sy het voorgestel sy wil video’s stuur omdat sy voel haar kêrel word onregverdig behandel. Dit was bloot kwaadwillig. Sy het deurgaans geglimlag, dit was skreeusnaaks, maar die slagoffer het nie so gedink nie.” het aanklaer Diane Williams gesê.

Haar verdedigings advokaat, Harriet Gorst, het voorgestel dat die poepvideo’s nie bedoel was om skade te berokken nie, hoewel dit duidelik onwelkom was. Die hof het ook gehoor dat Evans ‘n moeilike opvoeding gehad het en sukkel met geestesgesondheids kwessies.

Die hof het Evans gevonnis tot ‘n gemeenskapsbevel van 12 maande, insluitend 15 rehabilitasiesessies en 60 dae van alkoholonthoudings monitering. Sy is ook ‘n beperkingsbevel van twee jaar uitgereik wat kontak met Prytherch verbied. Boonop moet sy R2,305 as vergoeding en R4,587 aan regskoste betaal.