Ongeluk tussen vragmotor en voertuig op Silkaatsnek

BRITS – Woensdag vandeesweek het ‘n ongeluk op die R511 Silkaatsnek-pad tussen ‘n vragmotor en ‘n voertuig plaasgevind. Die H.E.M.S-span en Station 21 Fire & Rescue het vinnig op die ongelukstoneel gereageer.

Met hul aankoms was een pasiënt steeds in die voertuig vasgekeer. Station 21 Fire & Rescue-span het hidrouliese toerusting gebruik om die individu veilig te bevry.

Die pasiënt, wat matige tot ernstige beserings opgedoen het, is op die toneel behandel voordat hy na ‘n hospitaal in Brits vervoer is vir verdere mediese sorg. Owerhede gaan voort om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. Dankie aan al die nooddienste vir toneel beheer en skoonmaak.