Motor bots teen twee ander, jaag teen heining vas
BRITS – Woensdag het ‘n ongeluk in Crocodile-straat plaasgevind waarby ‘n voertuig met twee ander motors gebots het voordat dit teen die heining van Madibeng Mall vasgery het. Die H.E.M.S-span het op die toneel gereageer en met hul aankoms is een pasiënt met matige beserings gevind.
Die beseerde pasiënt is op die toneel deur H.E.M.S behandel voordat hy na ‘n hospitaal in Brits vervoer is vir verdere behandeling. Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.