Bakkie beland op sy, een beseer
BRITS – Maandag het die H.E.M.S reaksie spanne gereageer op ‘n enkele omrolongeluk op die N4 Bakwena-hoofweg. Een pasiënt is met ligte beserings gevind op die toneel. Die pasiënt is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere ondersoek. Baie dankie aan die lede vir die hulp!