Motorfiets ongeluk op R511, Hennops

HARTBEESPOORT – Sondag het die H.E.M.S-noodspan gereageer op motorfietsongeluk op die R511 Hennopsrivierpad. Geen ander voertuig was betrokke nie. Een pasiënt is met matige beserings gevind. Die pasiënt is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Dankie aan al die eenhede wat gereageer het!