Madibeng-Burgemeester besoek Laerskool GHS

HARTBEESPOORT – Die burgemeester van Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, Douglas Maimane het die Laerskool Generaal Hendrik Schoeman in Hartbeespoort besoek as deel van die skole se heropeningsgereedheid.

Die Burgemeester is verwelkom deur die skoolhoof mnr Francois Steyn. Die program het ten doel om te verseker dat skole ten volle voorbereid is om die akademiese jaar glad sonder enige hindernisse te begin.

Die gesprekke tussen die twee het onder andere die stand van gereedheid, die uitdagings waarmee die skool te kampe het, ingesluit, asook fokus op verskeie dienste wat deur die Munisipaliteit aan skole verskaf word.

Na die besoek het die burgemeester gesê dat “Soos ons die 2025 akademiese jaar begin, is ons ten volle daartoe verbind om te verseker dat ons skole bereid is om ‘n veilige, ondersteunende en verrykende leeromgewing vir elke leerder te bied.”

Raadslede en ander regeringsleiers en amptenare het verlede week verskillende skole in Madibeng vir soortgelyke doel besoek.