Konstante druk en bewusmaking sien dat strate begin herstel word, is Wagpos volgende?
BRITS – Die munisipaliteit het begin met die herseël van strate in Brits waarvan die toestande vir baie lang onsettend sleg was. Die strate wat geprioritiseer is sluit in Vleilaan, Knoxlaan en Maroela. Die herseëlwerke van die genoemde strate sal in die week afgehandel word.
“Hierdie is die resultaat van konstante druk en bewusmaking van die toestand van Vleilaan, Knoxlaan en Maroela en die volumes verkeer wat die paaie dra skool toe. Wagpos pad sal verseker ook die roete gaan.
Ek glo vas en vertrou en sal nie terugsit totdat dit n realiteit word nie. Wat ek wel kan noem is dat die Wagpos pad se opgraderingsproses reeds op n gevorderde stadium is soos voorheen vermeld en dat daar n paar tegniese punte is wat nog aandag kry.” Johan Pieterse – DA Raadslid Wyk 23