Klein apie gered, twee verdagtes gearristeer
BRITS – Twee verdagtes is deur Protego Security Group reaksie eenhede en AfriForum Brits lede gearresteer vir handel in wild en die oortreding van die bedreigde spesies-wet.
Inligting is ontvang dat die verdagtes van plan was om die apie aan ‘n persoon in die area te wil verkoop. Tydens die transaksie het die span gereageer en die verdagtes in hegtenis geneem. Baie dankie aan Protego, asook Afriforum Brits lede vir die bystand.