Secra reaksie spanne betrap dief op heterdaad
BRITS – Secra Security se gewapende reaksiebeamptes het Sondagoggend om 05h00 tydens hul roetinepatrollies ‘n inbraak by ‘n winkel in Brits dorp opgemerk.
Ná ondersoek ingestel is, het hulle die gesteelde goedere in ‘n veld naby die besigheid gevind. Die verdagte het in die bosse weggekruip toe beamptes hom opgemerk en agternagesit het.
Die verdagte het mure van verskeie persele gespring om van die beamptes te ontsnap. Na ‘n addrenalien aangevuurde jaagtog het die reaksiebeamptes die verdagte verloor toe hy van een perseel na ‘n ander gespring het.
Gelukkig, met die vinnige reaksie van die Secra-beamptes, is alle gesteelde goedere aan die winkeleienaar terugbesorg. Welgedaan aan die Secra gewapende reaksie beamptes, AJ Swanepoel en Ethiene de ridder.
Julle het puik werk gedoen om hierdie oortreder te verhoed om met die gesteelde goedere weg te kom. Hou aan met die goeie werk en passie om ons gemeenskap te dien en te beskerm!