Dis nag in Elandsrand, Damonsville na donderstorm

ELANDSRAND – Die Pendoring Substasie het Sondag middag om 14h40 aan die brand geslaan na ‘n weerligstraal die kragsentrale raak geslaan het. Elandsrand saam met Damonsville is sonder kragtoevoer gelaat. ’n Span vanaf die Madibeng Munisipaliteit se Brandbestryders het op die voorval gereageer en daarin geslaag om die brand vinning te blus.

Die Munisipaliteit se Tegniese Span sal die omvang van skade beoordeel.
Herstelwerk asook krag toevoer aan die geaffekteerde gebiede sal na die genoemde assessering gekommunikeer word.

Die geaffekteerde inwoners van die areas word versoek om versigtig te wees gedurende hierdie tyd en alle kraginstallasies as lewendig te hanteer. Die Munisipaliteit is daartoe verbind om die publiek ingelig te hou en sal die nodige opdaterings verskaf sodra meer inligting beskikbaar word.