Madibeng aan die gang in dele van dorp na lekker reën

BRITS – Van die dienslewerings aktiwiteite in Brits het plaasgevind op Woensdag, 08 Januarie 2025. Die regmaak van slaggate in McLean straat asook gras wat langs Spoorweg straat gesny is.

Die stortreën wat die afgelope tyd ervaar is in ons gemeenskap het tot oorgroeide gras/plantegroei gelei wat munisipale werkers begin sny en opruim het.

Daar is ook talle slaggate wat opgevul is, wat as gevolg van die reën sekere dele op ons paaie onrybaar gemaak het. Baie dankie vir die span wat tans besig is in die dorp wat in die volgende paar weke na ander dele sal beweeg.