Nog een vasgetrek wat dink niemand sien hom
ELANDSRAND – Die gemeenskap van Elandsrand word gewaarsku teen die man wat bedags deur die strate beweeg en huise dophou. Maandag oggend omstreeks 10h00 het die verdagte by ‘n erf ingeloop waar hy die bedrading van ‘n fontein afgesny en uit die grond geruk het.
Hy was vanoggend (Dinsdag) weer in dieselfde erf gewaar waar hy dink niks en niemand hom dophou nie. Gemeenskaplede saam met Secra Sekuriteit het spoedig gereageer om die verdagte in die straat te vang. Hy was aangekeer en inbreek gereedskap asook ‘n mes was in sy besit gevind.
Daar word vermoed dat verskeie Sekuriteit maatskappye agter die man aan is wat lyk of hy met homself praat en homself antwoord. Maar snaaks genoeg weet hy presies hoe om die mense se besittings te steel. Baie dankie aan alle gemeenskaplede vir die inligting asook Secra Sekuriteit vir hul vinnige reaksie om die verdagte vas te keer! Julle manne is tops!