Hop Hop! – Oor die draad!

BRITS – Vroeg Vrydag oggend tussen 24h00 en 01h00 was dit ‘chaos’ naby ‘n woonkompleks in Brits. Daar word verneem dat ‘n ‘Dak Drawwer’ die kans gewaag het om deur die dak van ‘n woonhuis deur te saag en in die huis verskeie items gesteel het.

PPS Sekuriteit saam met verskeie ander sekuriteits maatskappye en Buurtwag lede het die verdagte in die straat vasgekeer waar hy soos ‘n weerligstraal oor ‘n ander woonkompleks se heining gespring het, waar sy skoen in die proses vasgehak en bly hang het aan die lemmetjiesdraad.

Die verdagte het daarin geslaag om nog meer skade aan te rig deur op ‘n kar se voorruit te lande tekom.

Met die soektog tussen die twee komplekse kon die verdagte nie opgespoor word nie. Baie dankie vir almal se spoedige reaksie wat op die toneel kom help het!